Wednesday, May 30, 2018

Hoofstuk 1-9

Hoofstuk 1

Buyi slaan vir Jonathan – hy noem hom ‘n Zoeloe [“Gaan terug na jou mense” – Jonathan]

TEMA: Identiteit

Buyi is gebore in Londen – sy ma is wit en sy pa is swart (Engelse burger)

Sy pa bly in Suid-Afrika

Buyisiwe voel soos ‘n vreemdeling in Londen

Buyi se ma is arm – sy sukkel om Buyi te ondersteun

Buyi help nie in die huis nie

Buyi se ma stuur hom Suid-Afrika toe om by sy pa, Themba, te gaan bly

Hoofstuk 2

Buyi het nog nooit sy pa ontmoet nie

Sy ma is hartseer en huil as hy vlieg

Lwazi kom haal vir Buyi by die lughawe – hy is ‘n veldwagter en spoorsnyer

Hoofstuk 3

Simoshile en André groet vir Buyi – hulle bly op die wildsplaas

Isigubhu – wildreservaat se naam

Buyi se pa bly in ‘n chalet in die reservaat

Mama Unathi is die kok op die wildreservaat

Sy is goedhartig en gee vir Buyi ‘n drukkie

Hoofstuk 4

Themba – hy is sterk gebou, sy gesig is sterk, sy oë is donker

Hy groet Buyi kil – hy het ‘n drukkie verwag soos Mama Unathi

Hulle skud hande

Hy weet nie of hy sy pa “Pa” moet noem nie

Buyi voel sy pa is nie bly om hom te sien nie

Buyi se nuwe huis is baie netjies

Sy ma bel hom – hy jok en sê sy pa is baie gaaf

Hoofstuk 5

Hy sit ‘n plakkaat van Amir Khan (bokser) op die muur

Amir het baie oorkom in sy lewe – dis sy inspirasie

Lwazi is aangeval deur ‘n leeu op ‘n nagsafari

Themba is vol bloed en kom haal sy geweer

Hoofstuk 6

Lwazi – Simoshile se pa – is deur ‘n leeu aangeval

Lwazi en Themba het toeriste op ‘n nagsafari gevat

Die Land Rover het in die modder vasgeval

‘n Toeris het uit die LR geklim want sy battery het uit sy hande geval

Leeus is saans op hul gevaarlikste

Die Groot Vyf – leeus, luiperds, olifante, buffels, swartrenosters (die gevaarlikste diere wat ‘n mens kan jag)

Drie kampe op die terrein – Izolo (gister), Namhlanje (vandag), Kusasa (more)

Hoofstuk 7

Andre speel rugby – hy is linkervleuel – en krieket

Buyi hou van sokker en boks

Hoofstuk 8

Themba se van is Ngonyama

Die leeu met die letsel is steeds op soek – die reën het sy spore weggewas

Amir Khan – Britse bokser – oorspronklik van Pakistan – stam af van kryger-konings – Olimpiese medalje gewen

Leeus – nag is hulle jagtyd

Johan, Andre se pa, het die leeu geskiet en hy’t gevlug

Hoofstuk 9

Buyi is tevrede dat hy so vinnig vriende gemaak het

Afrika-mense is vriendelik en ontvanklik

Buyi probeer om steak, tjips en eier te maak – hy brand dit

Buyi ontmoet Umfana – hy is vasgemaak met ‘n ketting

Hy het kos en water – Themba kyk goed na hom

Hy laat die hond inkom al word dit nie toegelaat nie

Themba eet min by die huis – hy eet gewoonlik saam met die gaste

 


No comments:

Post a Comment