Hoofstuk 17
Andre is nie bygelowig nie - hy glo nie die slang het iets beteken nie
Hulle probeer die erosie-area - daar is baie plek vir die hond om weg te kruip
Themba, Lwazi en Johan was op soek na die leeu - hulle ontdek die kinders
Themba is woedend en hy beveel hom om in die Land Rover te klim
Themba raas met Buyi - Afrika is nie dieselfde as Londen nie, dis lewe en dood in die veld
Die leeu met die letsel is oud - hy was dalk in 'n geveg en is uit die trop geskop
Dis moontlik waar die letsel vandaan kom
Hy word beheer deur antieke instinkte - hy sal weer 'n mens jag, as hy dit vantevore gedoen het
Mense is maklike prooi vir hom
As 'n leeu jou bespring:
- hy sal jou van jou voete afruk
- hy kan jou nek breek
- hy kan jou aan jou keel beetkry
- sy slagtande sal in jou vleis en are inskeur
- hy sal die bloed na jou kop afsluit
- jy sal bewussyn verloor
- dit sal vinnig verby wees
Buyi is lief vir die hond - hy was daar toe Themba nie daar was nie
Hulle gaan soek die hond
Buyi is bang sy pa straf hom - hy is onseker oor Zoeloe-kultuur en is bang sy pa maak hom dood
Umfana is vasgevang in 'n strik (gestel deur wildstopers)
Die hond ly - hy tjank en smeek hulle om te help
Die oop wond is reg rondom sy nek
Themba vertel Buyi daar is niks wat hulle kan doen nie - hy se Buyi moet die hond skiet
Hulle moet hom uit sy pyn verlos
Hoofstuk 18
Buyi moet hom skiet, want dit is sy hond
Sy pa vra of hy 'n man is en se hy moet dit doen
Sy pa skiet die hond en se vir Buyi dat hy nie 'n man is nie
Buyi is hartseer en hy huil
Hy wil alleen wees en vermy Simoshile en Andre
Buyi het bloed op sy hande (letterlik) - kan figuurlik ook beteken dat dit sy skuld was
Hy het daarmee Umfana se graf gegrawe en die hond in die graf gesit het
Hy voel alleen en asof niemand vir hom omgee nie
Themba ry hoofgebou toe en los Buyi alleen
Sy ma bel hom en hy vertel haar van Umfana, dat hy sy pa haat
Sy mis hom ook en dit gaan sleg sonder Buyi by haar - sy wou hom ook nie ontstel nie
Hy besluit om terug te keer Londen toe
Hoofstuk 19
Hy bedink sy plan om weg te kom
- hy kan nie deur die hoofhek nie, want daar sal 'n wag wees wat sy pa sal laat weet
- hy dink om deur Kusasa te gaan - dit grens aan die grondpad wat na die reservaat lei
- hy kan vanaf die grondpad die teerpad kry en 'n rygeleentheid Bela-Bela toe soek
- daarna sal hy lughawe toe gaan - hy het geld in 'n Britse bank vir 'n vliegtuigkaartjie
Hy moet wegkom voor dit donker is
Hy kan net 'n rugsak saamvat - hy kyk na die plakkaat van Amir Khan en voel soos 'n teleurstelling
Hy wens hy kan Simoshile en Andre groet, maar doen dit nie
Hoofstuk 20
Simoshile en die maroelaboom (huweliksboom) bly in sy gedagtes
Hy wil vir sy pa bewys dat hy self kan regkom
Hy oor die "oemf"-klank en weet dis die leeu
Hy het te ver gegaan om terug te draai
Buyi val en struikel - hy laat val sy flits en dorings sny deur sy hande
Hy bekommer dat die leeu sy bloed sal ruik
Leeus is in die nag die gevaarlikste - dit is hul jagtyd
Hy onthou die slang daardie dag en onthou dat dit 'n voorteken was van gevaar
Die leeu se oe flits in die donker - dis jagter en prooi
'n Voertuig kom nader aan hom - dis sy pa
Hy moenie skielike bewegings maak nie
Hy mag nie die leeu in sy oe kyk nie - die leeu sal dit sien as 'n uitdaging
Sy pa beweeg tussen hom en die leeu in - hy is soos 'n skild
Die leeu tref sy pa teen die bors - die geweer vlieg uit sy hande
Buyi se pa land bo-op hom - die leeu pen hulle vas
Die leeu brul
Hoofstuk 21
Iemand skiet die leeu
Themba beweeg nie - hy leef, maar moet by 'n hospitaal uitkom
Sy pa is oortrek met bloed - diep snymerke wys deur sy klere en daar is 'n sny op sy voorkop
Ngonyama - Themba se eerste woord
Dit is Themba se van - dit is IsiZulu vir "leeu"
Nou is Themba ook 'n leeu met 'n letsel
Themba se voorvaders het die taak gekry om leeus te beskerm - 'n heilige plig
Dit was hul plig om seker te maak die diere kom niks oor nie
Lwazi bekommer dat Themba sal dink hy het die leeus gevaal
Themba word die derde dag na die ongeluk wakker
Buyi se dat hy nie die leeus gevaal het nie - hy het net sy seun beskerm
Hy se dat hy ook 'n Ngonyama is, al is sy van Johnson - hy is ook 'n leeu, so sy pa het hom beskerm
Buyi se hy is jammer - hy wou vlug na als wat gebeur het
Themba se hy was te hard op Buyi
Die Swahili-mense glo dat as 'n leeu brul, dat hulle die land eien as hul eie
Die land is dus ook Buyi s'n
Hy se Afrika het Buyi goed gedoen
Die mense ken swaarkry, dis 'n ruwe plek, maar die mense is opreg, warm en liefdevol
Themba was bang dat hy Buyi sou verloor
Themba het nog nooit na 'n kind gekyk nie - hy het nie geweet wat om te doen nie
Hy het altyd alleen gebly
Themba het Buyi se ma ontmoet toe sy 'n toeris was
- Hy was 'n jong man, klaar met sy opleiding as wildbewaarder
- Hy het werk gekry by 'n ander reservaat
- Sy ma was 'n toeris van Engeland
- Die reservaat het persoonlike kontak met toeriste verbied
- Hulle is gevang en hy het sy werk verloor
- Hy kon nie saamgaan Londen toe nie weens finansies
- Sy het gebel met die nuus dat sy swanger is - sy ouers was kwaad
- Hy het gevra dat hy Buyisiwe sal wees
- Hulle was sielsgenote
Hoofstuk 22
Themba se dat Buyi in Afrika sal moet bly vir Simoshile - hy mag nie haar hart breek nie
Themba sal kyk of hy geld kan kry vir sy ma vir 'n vliegkaartjie - miskien kan sy daar kom bly
Buyi dink aan Afrika
- dis meer as 'n landskap
- dis 'n sintuigskap
- dit roep jou nader met al jou sintuie
Hy voel hy hoort in Afrika
Hy voel soos die leeus wat brul en die land eien vir hulself
No comments:
Post a Comment