Wednesday, May 30, 2018

Hoofstuk 10-16

Hoofstuk 10
Buyi se pa hou nie van hom nie - hy weet nie hoekom hy getrek het nie
Die maroelaboom - die huweliksboom
Simoshile hou van Buyi en Andre spot haar
Die kinders is verveeld - hulle mag nie in die veld uitgaan nie weens die leeu
Die kinders gaan foefieslide - Buyi sien seekoeie onder hom en hardloop baie vinnig na die uitkykpunt
Seekoeie is gevaarlike diere en vinnig op land
Andre kry Buyi by die uitkykpunt en lag - hy het nie geweet Buyi kan so vinnig hardloop nie

Hoofstuk 11
Die seekoeie is nie gewoonlik by die foefieslide nie
Hulle is in die Namhlanje-kamp - hulle hoor die leeu en hardloop vinnig weg
Buyi oorweeg dat Andre en Simoshile met hom spot
Almal hardloop vinnig weg, en is veilig van die leeu

Hoofstuk 12
Donderstorms breek die middag uit - Buyi laat vir Umfana in die huis in
Hy speel vir hom Britse musiek - Umfana hou daarvan
Sy ma bel en hy vertel van sy vriende, hy jok en se dat hy en sy pa oor die weg kom
Hy wil nie sy ma ontstel nie
Themba keer terug en Buyi laat vir Umfana weer uit - sonder om hom vas te maak
Themba is kwaad, want Buyi het nie aandete gehad nie - hy mag nie vir Mama Unathi se hy eet nie
Buyi moet sy eie nat klere en handdoek was - hy is lui en weet nie hoe die wasmasjien werk nie
Sy ma het ook gekla dat hy nie help in die huis nie
Leeus kan tot 20km/dag reis - so hy is moontlik nie meer in Namhlanje nie
Die leeu het 'n letsel bokant sy linkeroog - die mense se hy het 'n man doodgemaak, hy is moontlik 'n mensvreter - hy moet dadelik doodgemaak word
Lwazi - een van die beste spoorsnyers - die leeu is slinks en hulle kan hom nie vang nie

Hoofstuk 13
Buyi moet seker maak dat Umfana kos en water het
Die kinders gaan saam op 'n wildbesigtiging (Lwazi en Themba vat 3 toeriste uit)
Wildstropers plant strikke - sommer 'n lang stuk draad, omgebind en deur 'n klein ogie geglip sodat dit 'n lus vorm
Die wildstropers gee nie om of hulle diere seermaak nie

Hoofstuk 14
Buyi sien olifante vir die eerste keer
Hulle pote het dik sole, wat keer dat hulle gly en verdoof die klank as hulle op iets trap
Hulle sien leeus laatmiddag - die "oemf" klank identifiseer die leeus
Daar is twee kleintjies en twee grotes
Buyisiwe sluit aan by die Amerikaners vir aandete
Themba vermaak die gaste met volksvertellinge, en vrae oor die bos
Buyi is verwonderd deur sy pa se kennis
Buyi moet bed toe gaan - Themba beveel hom teen sy sin

Hoofstuk 15
Buyi mis sy ma, maar hy geniet Suid-Afrika - die diere, mense en nuwe ervarings
Hy verkies die oop Afrika-hemel bo die besoedelde lug in Londen, die geraas en die reen
Buyi se kamer is baie onnetjies - sy pa raas met hom
Hy se Buyi moet respek he vir ouer mense
Umfana is weg - hy het vergeet om hom vas te maak na die storm (twee dae vantevore)

Hoofstuk 16
Buyi vra Simoshile en Andre om te help om Umfana te soek
Hulle begin met die Namhlanje-kamp - dit grens aan Buyi-hulle se chalet
Buyi is te bang om Themba te se - hy sal woedend wees
Buyi voel of sy pa 'n vreemdeling is - hy voel nie soos 'n pa nie
Buyi bewonder Amir Khan - hy is 'n ongelooflike vegter, niks staan in die pad van sy droom nie, hy is 'n wenner, nie 'n verloorder nie
Buyi en Simoshile hou hande vas
Daar is 'n slang (pofadder) voor Buyi se voete - Simoshile glo dis 'n slegte teken, dat die voorvaders Buyi wil waarsku teen gevaar
Voorvaders verskyn soms in die vorm van slange

No comments:

Post a Comment